Selfsorg akkommodasie in Bloubergstrand - Kaapstad
Ander skakels
Hierdie selfsorg tweeslaapkamerwoonstel in ‘n beveiligde vakansie-oord geleë op die Blouberg-kuspad is ideaal vir enige vakansieganger. Dit bied nie net maklike toegang tot die pragtige wit strande van Bloubergstrand, met die bekende asemrowende uitsig op Tafelberg nie, maar is ook slegs 20 minute vanaf die Kaapse middestad geleë.
Fasiliteite binne die oord:
 
  • Lieflike 20m swembad met ‘n kinderplaspoel
  • 2 tennisbane en 2 muurbalbane
  • Vlugbalbaan, mini-gholf
  • Ontspanne restaurant & kroeg
  • Geriefswinkeltjie
  • Wassery
  • 24-uur sekuriteitshek
Twee lieflike gholfbane is geleë binne ‘n 5 tot 10 km radius. Die pragtige strande langs die kus is ‘n branderryparadys.
   
Akkommodasie sluit in:
  • Smaakvol gemeubileerde woonstel met see-uitsig en balkon
  • 2 slaapkamers (een met dubbel- en een met twee enkelbeddens)
  • Aparte badkamer met bad/stort, toilet en wasbak
  • Alle linne en handdoeke
  • Volledig toegeruste kombuis met yskas/vrieshok, mini-stoof, mikrogolfoond, alle kookware en eetgerei
  • ‘n Dubbelslaapbank in die sitkamer
  • Kleur-TV
  • Ingeboude braaiplek op balkon met tuinmeubels
  • Parkering voor gebou-ingang binne sekuriteitskompleks
  • Elektrisiteit vir verhuring op 'n dagbasis en Pay-as-you-go vir langtermynverhuring
  • Uitteken skoonmaakdiens
  • Daaglikse skoonmaakdiens kan teen 'n addisionele fooi gereël word
Big Bay Beach Club 118 Tariewe:
Piekseisoen (Desember, Januarie)
ZAR 750 per nag
Hoogseisoen (Februarie, Maart, April, Oktober, November)
ZAR 630 per nag
Midseisoen (Mei, Augustus, September)
ZAR 500 per nag
Laagseisoen (Junie, Julie)
ZAR 430 per nag

Bogenoemde tariewe is vir die woonstel per nag. Vir 'n enkelnagbespreking is 'n addisionele heffing van R 150 betaalbaar.

Tariewe vir langtermynverhurings op aanvraag beskikbaar.

Kontakbesonderhede :
 
Tel: (+27 21) 945-2218
Sel: (+27 82) 453-6617
E-posnavrae: vakansie@blauberg.co.za
Ontwerp deur

Regskennisgewings